
=====================================================================
Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Om saam te neem vir die 21ste eeu

VANJAAR se groot boekebeurs in Antwerpen, Vlaandere, het as sentrale tema gehad: "Oor die toekoms van die twintigste eeu". Tydens debatte, 
referate en boekbekendstellings is uit verskeie hoeke gekyk na dit wat die 20ste eeu opgelewer het vir die lewensreisiger om saam te neem 
na die 21ste eeu toe.

Een van die eerste aanbiedings was die bekendstelling van 'n omvangryke nuwe posiebloemlesing van Gerrit Komrij met die titel De 
Afrikaanse pozie in 1000 en enige gedichten. In ongeveer 1200 bladsye gee Komrij, 'n bekroonde Nederlandse bloemlesingsamesteller, sy 
keuse van meer as duisend Afrikaanse gedigte. Dit dek die tydperk van 1652 tot 1999.

Te oordeel na die ontvangs wat die bloemlesing by die boekebeurs geniet het, is dit waarskynlik bestem tot goeie verkope, veral in die 
Nederlandse wreld. Van Komrij se driedelige bloemlesing oor die Nederlandse posie is reeds meer as 150 000 eksemplare verkoop.

Dit is betekenisvol dat Komrij met hierdie bundel spesifiek die Nederlandstalige publiek wil bereik en hulle opnuut wil voorstel aan 
Afrikaans wat nou van apartheid bevry is.

As die bundel 'n goeie verkoper in die Nederlandse wreld gaan word, sal dit verdere goeie nuus vir Afrikaans wees oor die brer 
aanvaarding van ons letterkunde selfs in onvertaalde vorm in Nederland en Vlaandere.

Komrij se keuse van gedigte stel die Nederlandse lesers bekend aan 'n Suid-Afrika waarin koloniale oorlo en veral apartheid diep spore 
gelaat het.

Maar uiteraard kry ook die mooie Suid-Afrika met sy interessante mense, pragtige landskappe en ryke natuur heelwat aandag.

Vir die doel van bre bou tussen eras en verskillende groepe genieters en gebruikers van Afrikaans, dink 'n mens aan die volgende boodskap 
in 'n vers van Marius Titus in die bundel:
Soe, die beste manier
 omme taal te bewaar is:
 Liesit, praattit, skryffit,
 ontginnit en bedryffit.
 Net soelank jy my verstaan
 stap skryf en taal 'n lang pad saam
Dr. Karel Prinsloo is uitvoerende direkteur van die Stigting vir Afrikaans.     HOOFARTIKEL

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av647.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

